
Piet Beyers se boek van visvangherinneringe is saamgestel uit dagboekinskrywings, briewe, gedigte, staaltjies en stories van familie en vriende. Dit vertel hoe ’n seun ’n visserman geword het en Beyers skryf oor wat visvang hom steeds dekades later leer. Die boek bevat ’n magdom foto’s sowel as illustrasies deur Stellenbosch Visio se redakteur, Francé, getroud met Piet Beyers. Deels memoires, deels reisverslag, is dié publikasie geheel en al onvergeetlik.